Tuisblad

. . . die rede . . . hoekom ‘n blog . . .

Na baie wik en weeg, het ek besluit om ‘n persoonlike blog te begin, nie net omdat ek lief is vir skryf nie, maar omdat skryf vir my ‘n groot vorm van terapie is en omdat ek graag my gedagtes oor alledaagse dinge met ander deel.  Dalk vind jy aanklank, dalk nie. . . Een van my motto’s in die lewe is;  Eet die vis, spoeg die grate uit.

Buiten vir ‘n fenominale Afrikaanse onderwyser in die hoërskool, asook ‘n Afrikaanse juffrou vir ‘n ma, het ek geen formele stelwerk onderrig nie.  Ek skryf soos dit in my storie pas, op my hart kom lê, aan my krap of op my groei.  My liefde vir Afrikaans is groot, dit is in my DNA, maar soms het ek meer as ‘n boere woord nodig om ‘magic’ te maak. 

Sagte klippe is geinspireer deur die klipperige paaie wat ek al in my lewe moes loop, klip altare wat ek moes bou, klippe waarmee ek gegooi is, en hoe hierdie klippe deur die jare sag geword het, omdat ek geleer het wat dit is om te aanvaar en om te vergewe. . .


Elvis Blue – Mooi